Download App
100% GoudStad

Chapter 9: Hoofstuk 7: Ballade Op Die Dronkparty

Jou oë sing 'n ou verhaal

van goud wat teen die reënboog lê;

en sal jou lippe teen my lip

'n onvertelde teerheid sê?

Pols jou vingers aan my pols

die boodskap wat die bloed begryp?

Jou mond is met die bitter rooi

van wildebessies ryp.

Wie het die ronding van jou vlees

so soepel om die been gedraai?

En watter heuwels en vallei

die wit mis van jou tabberd toegewaai? 

Een het my om haar lag verlei,

een, om haar trots, versaak;

en ek, tussen verwyt en leed,

al dronker aan die drink geraak.

Die liefde is die bitter glas,

die droë glas, die donker glas;

die liefde is die naverdriet

wat in die hart se holte pas

- G.A. Watermeyer

Jan-Hendrik:

Geld. Drank. Dwelms. Tiete. Dit is die temas van vanaand. Ek en Joseph hang uit by een van die grootse strip klubs in Johannesburg. "The Lolipop Lounge". Een van die strip klubs in Randburg. Met vrouens van alle vorme, kleure en tietgroote. En die plek waar Anastasia werk. (As 'n stripper, natuurlik.). Die einste sy is tans besig om ons 'n goeie tyd te wys. Deur elke milimeter van haar pragtige semi-kaal lyf te wys. Ek vergeet partykeer hoe regtig mooi sy is. Sy is ook 'n uitstekende danser. Sy is omtrent besig om daardie paal te werk. (Hopelik sal sy MY paal later werk...). Sy skud lekker haar boude en staar diep in 'n man se siel in. Swaai haar lang pragtige bene rondom die stewige staalpaal. Sy haal haar geel bra af en gooi dit na die skare toe soos 'n strooimeisie by 'n troue. Al hierdie met die liedjie "Cherry Pie" wat in die agtergrond speel. (Old-school 80's musiek maak mos alles hotter.). Hoe kan 'n man dit binne in sy broek hou? Ek en Joseph se hande is vasgeklou aan die reling wat ons van die eksotiese dansers skei. Ons laat die hele plek reën met ons honderdrandnote. Intussen kry Jason 'n skootdans agter. (Hy moet dankbaar wees hierdie plek kyk nie na ID's nie.). Ek dink die hele klub weet wie Anastasia se gunsteling kliënte is. Ons gaan nog lekker hierna ook met haar kuier. Ek dink ek is dalk besig om verlief op haar te raak. Die liedjie stop.

Joseph hang nog styf aan die reling vas en kwyl op die vloer. Ek tik hom op die skouer. Hy knik sy kop en geniet verder die vertoning. Ek volg vir Anastasia na die kroeg toe. Die liedjie "Dans Dans Dans" deur Jack Parrow speel nou in die agtergrond. 'n Paar van die strippers offer vir my skootdanse. Ek stoot hulle weg. Hulle almal skel my uit. Hierdie drank skop nou lekker my gat. Dit help ook nie dat Joseph pille van Ecstasy in ons drankies gegooi het nie. Agter my en Jason se rug natuurlik. (En die kroegman s'n.). Hierdie twee bestandele saam maak my ongelooflik opgewonde en jags. Anastasia hang aan die toonbank en suip 'n bottel van Budweiser uit. Ek pluk 'n stoel nader aan haar en sit. "Can I buy the lovely lady a drink? Ek skuld jou een.", vra ek. Sy draai na my toe. Sy lug haar wenkbrou op. "Since when are you the gentleman, Mr. Aswegen? So only when I flash my tits and shake my ass, do you treat me like a human being?". Ek lag. "You underestimate me, Miss Anastasia. If that is even your real name...". Sy rol haar oë en bestel nog 'n Budweiser. "Ashleigh. Ashleigh Southey.". Ons skud hande. Ons maak asof ons mekaar vir die eerste keer leer ken. Maar in 'n snaakse manier voel dit so. Ek bestel 'n hele stel van Jägermeister shots vir ons altwee. Ons drink hulle almal. Half-half. Vyf shots vir haar en vyf shots vir my. Ek begin naar voel na die laaste een. Hierdie goed meng glad nie goed saam met die dwelms nie. Ek het hopeloos te veel vanaand gedrink. Maar dis seker wat gebeur as 'n arm man met 'n dwelm probleem soos ek skielik baie geld kry. "So. Is dit teveel om vir 'n lap dance ook te vra?". Sy gryp my hand en sleep my na die privaat hokkie toe.

Die liedjie "Tainted Love" deur Soft Cell speel tans in die hokkie. Ons albei snuif 'n lyn van kokaïen saam. Ons vry vir mekaar teen die muur. Sy stoot my in die stoel in en klim op my. Sy begin om te dans. "Ons kuier more by die Strip! Kom jy saam?!", gil ek as gevolg van die musiek wat so verskriklik hard is. (So hard soos ek tans. FOK, ek kan nie wag om hierdie slet te pyp nie!). Sy dink daaroor. Sy vryf haar borste teen my gesig. "Hmm. I don't know. Maybe. Where in the Strip, though?". Ek kan uiteindelik weer asem haal. 'n Mens kan voel hulle is natuurlik. "Dunno. Jy gaan Joseph moet vra. Ek was nooit self daar nie. Hy was blykbaar 'n duisend keer daar. Ek neem aan jy ook...". Sy klim af van my af. Sy skud haar boude in my gesig. "Indeed, I have. Cheap drugs, cheap booze and cheap sex. What's not to love? Other than drunk guys and virgin teenagers?". Ek was nog nooit by die Strip nie, maar dit klink na 'n redelike akurate beskrywing. "None of those places check ID's, so your friend's underage cousin shouldn't have a problem gettin' in.". (Ek is seker hulle weet dit alreeds.). Sy klap haar boude. Ek rus my hande op haar heupe. Sy sit haar hande op my hande. Ons kyk mekaar diep in die oë en glimlag. Terwyl sy haar rug teen my bors druk. Ek is definitief verlief. Ek het sedert Charlize nog nie so gevoel oor 'n meisie nie. (Ek wonder hoe doen Charlize tans?). Ashleigh trek weg en dans verder voor my. "Yeah, sure. I'm game. I'll ask my girlfriends if they are interested.". Ek glimlag. Sy glimlag terug. Dit is goeie nuus om te hoor. (Ek wonder hoe mooi haar vriendinne is!). Sy hou op dans. "That'll be R400.". Regtig? Nou al? Dit het soos 'n ewigheid gevoel. Ek hoop sy is op vir nog 'n dans. "Come on! One more. Ek sal ekstra betaal.". Sy lag en skud haar kop. "I'm tired, man! And my shift is almost over. But I'll see you tomorrow, ne? Unfortunately, I can't do tonight. Already promised the girls I'll do something with them later. So see you at the Strip. We'll drive with Joseph's car. Later, doos.". Dit is doodreg met my. Solank ek haar weer kan sien. (Jy gaan weer seerkry, Jan-Hendrik.). Ek gee vir haar die geld. Sy tel dit alles saam. Sy knik haar kop en steek dit weg agter haar groot geel bra. Sy stap weg. Ek gryp haar aan die skouer. Sy draai na my toe. "Hey! Hang on, honey. You can't spare a few moments? I owe you big time after that beautiful dance of yours. I wanna thank you properly this time...", se ek. Sy lug haar wenkbrou. Sy giggel. "Well. I am heading over to the back now to smoke my cigarette. There, you can do to me whatever you like.". Ek hou van die klank van daardie idee.

Jason word nou uit die klub uitgeskop deur die bouncers. Wat de hel het hy nou gedoen? "Hei, man! Nxa! Dies kak die, man! Dies kak die!", gil hy. "Sy swaai haar gat in my gesig! Wat anders moes ek maak?!".

Joseph:

Jissie. Hierdie ouens is rof op mekaar. Dit is seker hoekom hierdie ondergronds is. Adrenalien is 'n vreemde ding. Dit is seker die sterkste dwelm daar buite wat nie onwettig is nie. Ons almal het maar ons eie sondes en ondeugde. Party rook. Party drink. Party slaap rond. Party eet. Party snuif. Party spuit. Party dobbel. Ek en Jan-Hendrik? Ons kyk hoe vrouens hulle tiete rondswaai en kaalbolyf mans mekaar bliksem. "Vir wie stem ons nou weer?", vra Jan-Hendrik. Ek weet nie van hom of Jason nie, maar my geld is eerlikwaar op die vegter van Mozambique af. "Die swarte links. Die Mozambiquer. Hy het vyf aande in 'n ry laas week gewen. Hy gaan hierdie Paki opvreet!", antwoord ek. Oef. Die Mozambique vegter het nou 'n lelike hou in die gesig gevat deur die Pakistani vegter. Hy sit nou op die vloer neer. Dit is nou breektyd. Een van sy vriende gooi hom 'n bottel water. Ek skyf nader aan hom toe. "Hei!! Djou swart mampara! Djy beter fokken wen! If you not win, I cut your vieter off, sannie!", gil ek op hom. Jan-Hendrik lag. Die Mozambiquer gluur vir my. Terwyl sy mond bloei en sy linkeroog begin opswel. "Fokof, hotnot!", skel hy my terug in Afrikaans en spoeg sy lostand uit. Breektyd is verby. Hy staan weer op en lyk meer vasberade as ooit. "Ek weet nie, bra. My geld is op die koelie om eerlik te wees. Hy't al ook kak baie fights gewen. Maar hulle altwee is blerrie goed, hoor.". Dit mag dalk waar wees, maar my geld is nogsteeds op die Mozambique vegter. Ek het daardie kyk in sy oë gesien. Dit is die kyk van 'n man wat wil doodmaak. (Kom ons hoop net hy maak nie actually iemand dood nie...). Hierdie is die definisie van 'n goeie aand. Net 'n klomp normale ouens wat die toppunt van manlikheid aanskou. Terwyl al hierdie aangaan, probeer Jason my selfone en beursies verkoop. As hulle geld kan maak, hoekom mag ons nie? Dit lyk tot dusver na 'n gelykopuitslag. Kom ons maak dinge nou interesant.

Ek tik op die swart man voor my se skouer. Hy draai om. "Awe, my bru. You wanna bet on these guys?", vra ek. Hy kyk vir my vreemd aan. Hy begin om te lag. "Eh? How much?", vra hy terug. Ek het sy aandag. Tyd om my volle sjarme aan te sit. "My money is on the black one. Ten thousand rand says he is gonna win.". Hy grinnik en knik sy kop. Hy oorweeg my aanbod. "Well, my money is on the other guy. I am telling you straight right now: The Paki is gonna win. That nigga stands no chance.". Die man pluk sy beursie uit. "How about we make it double, eh? But I am telling you right now. You're gonna regret it, haha.". Dit is riskant, maar ek sal my kanse waag. Hy lyk selfversekerd in sy stelling. Hy mag dalk so dink, maar ek herken mos 'n wenner as ek ene sien. Ons skud hande. (Hierdie houtkop beter wen!). 

Hierdie is 'n baie intense geveg, ek gaan nie lieg nie. Maar ek dink nogsteeds die Mozambique een gaan wen. As hy doen, wen ek R20000. (En dalk selfs 'n potensiële kliënt?!). Houe. Skoppe. Kniehoue. Stoei. Kopstamp. Opstopper. Die "Roundhouse" skop. Alles gaan hierso. Wat is die reëls? Daar is nie reëls nie. Dit is hoekom dit onwettig is. (En jy mag natuurlik nie hierdie op sosiale media sit nie.). Hierdie twee baklei mekaar al vir vyf minute. 'n Mens kan nogsteeds nie die wenner bepaal nie. Hulle altwee is lekker dik getimmer en uitgeput. Al wat ek weet is ek is nie bereid om twintig duisend te verloor nie. Ek gaan probeer om hom op te wek. "KOM, DJOU NAAI!!! DJY SLAT SOOS MY OUMA!!!", skree ek. Hy ignoreer my hierdie keer. Hy het weer daardie kyk in sy oë. Ek gaan geld wen vanaand. BAM! 'n Soliede knockout. Die Pakistani is uitgeslaan. Die ander man is skaars nog met ons, maar hy het gewen. Hy steek sy arms op en sirkel om die ring soos Muhammed Ali. Hy spoeg sommer ook op die verloorder. Helfte van die skare verloor dit en gaan te kere. Die Pakistani vegter se bewustelose lyf word van die verhoog af gesleep. (Ek wonder of hy nog lewe.). Geld word rondgeswaai en in die lug gegooi. Dit lyk asof almal gedobbel het vanaand. Bakleiery breek buite die verhoog uit. Die Mozambiquer stap uit en die volgende vegter stap binne. Die man van vroeër stap na my toe en gee vir my die goed verdiende geld. "You want to go again, asshole?", vra hy. Ek grinnik en knik my kop. Ons skud hande. Hoekom moet ek my tyd mors met dwelms verkoop wanneer ek net kan dobbel op onwettige ondergrondse gevegte? 

Die fluitjie blaas. Tyd vir ronde twee.

Die Volgende Oggend...

Jan-Hendrik:

Ek is alweer in die badkamer. Liezl staan alweer in die bad. Kaal. Saam met die snymerke op haar polse. Nogsteeds besig om te bloei. Maar sy probeer dit nie stop nie. Sy laat dit net gebeur. Maar hoekom? En hoekom staar sy net vir my? Ek raak skoon ongemaklik. Maar ek sê niks nie. Sy loer vir my met gesmeerde grimering op haar gesig. Hoekom sê sy niks nie? Sy begin om te huil. Hoekom moet sy huil? Ek haat dit om haar hartseer te sien. Ek steek my arm uit vir haar om te troos, maar hierdie dekselse groot stuk glas wat ons twee skei van mekaar af, laat my nie toe nie. Ek probeer dit oopbreek sodat ek by haar kan uitkom, maar die groot stuk glas bons my net weer terug na die muur toe. Ek begin om te paniek. Sy is eweskulik doodkalm. Sy hou op huil. Ek skud my kop en gee moed op. Ons staar net diep in mekaar se oë en hou aan om niks te sê nie.

Sy draai haar kop stadig na haar gesnyde polse toe. Sy smeer uiteindelik die bloed van haar lyf af met die vuil badwater. Hierdie vieslike bad is nou vol bloed en grond. Haar mooi gesig is darem nou skoon. Maar sy begin nou om haar eie bloed op haar gesig te smeer. Sy stop en glimlag vir my. Sy begin om voor my eroties te dans en verloor haar pupiele. Haar oë is pikswart. Sy gooi die vuil badwater teen die groot stuk glas. Sy begin soos 'n maniak te lag. Ek skud my kop met pynvolle trane in my oë. (Hoekom doen jy hierdie aan my?!). 'n Ander jong kaal vroulyf styg uit die vuil badwater uit. Dit is Charlize. Wat maak sy hierso? Sy het ook bloed op haar gesig. Hulle kyk vir mekaar. Baie verleidelik. Sy lek die bloed van Liezl se arms af en drink die vuil badwater. (Gross!). Sy hou op en kyk op na Liezl toe. Hulle staar nou diep in mekaar se siele af. Hulle gryp aan mekaar se skouers en begin om te vrei. (What the fuck!?). Hierdie lyk nou tans soos een of ander siek lesbian porno uit Asieë of iets. Die tipe goed wat Joseph by oorslappe sal opsoek op my rekenaar. Daardie vreemde man is mos 'n groot aanhanger van die donker web en diep web. Hy het al vir my voorgestel dat ons my pa se vet en swak hart op die swartmark verkoop. Hy het ook gegrap dat een of ander sangoma uit Swaziland die hart sal koop en eet. Ek is heeltemal in op hierdie plan. 

Die twee hou op vrei en kyk vir my. Hoekom staar hulle altwee nou vir my? Geen woorde op die aarde kan beskryf hoe ek tans voel oor hierdie hele situasie nie. Hulle lag vir my. Hoekom lag hulle vir my? Wat is so snaaks? Dit is asof hulle een of ander siek skop uit hierdie als kry. Hulle gooi die vuil badwater teen die groot stuk glas. Hulle kêkkel soos absolute besetene. Hoekom doen hulle dit? Wat gaan aan? Hoekom doen hulle hierdie aan my? Kan hulle net ophou vir my lag? Iemand help my!

Ek is wakker. As gevolg van 'n klap deur die gesig van my mal verhuurder af. "HEY!!! YARO FARI!! GET THE FUCK UP! STAAN OP!!", skreeu hy. Ek word herhaaldelik geklap in hierdie bed. Ek spring uit die bed uit. Hy begin al my goed uit die venster te gooi. Wat het in sy siel ingespring? "FOKOF! FOKOF!! TAKE YOUR KAK AND FOKOF!!!". Hy gooi my met klere wat op die vloer gelê het. "Hei! Wat de fok man?! Wat in die blêrrie hel is jou probleem?!", gil ek. Hy ignoreer my vraag en hou aan om my besittings uit die venster by die muur te gooi. Ek hoor hoe my pa se ou tv die vloer tref en in vlarde breek. Ek verstaan glad nie meer wat aangaan nie. Hoekom doen hy al hierdie? Ek betaal tog my huur. So wat is sy doel hiersô? Ek loer uit my venster uit en sien polisie wat by my deur staan. (Shit!). Hulle het ons ontdek. Hierdie is groot moeilikheid. "FOKOF! FOKOF! FOKOF! FOKOF! JUST TAKE YOUR KAK AND FOKOF!!!".

Ek gaan uit die kamer uit en stap verby die polisiemanne. Hulle kyk na my asof ek 'n verlore kind is by 'n Spar-winkel. Ek kyk hoe die res van die polisie die mense uit die ander kamers uitskop. Van die dwelmverslaafdes tot die prostitute. Hele families word erger as diere hanteer. 'n Polisie helikopter huiwer bo die gebou. Geen wonder die verhuurder soek ons hier uit nie. 'n Polisieman maak die deur van die helikopter oop met 'n groot mikrofoon in die ander hand. "Everyone! Evacuate the building immediately! Shiya isakhiwo!", kondig hy aan oor die mikrofoon. Ek beter hier uitkom. Maar dit is baie moeilik omdat hier soveel mense is. Hierdie is 'n baie groot gebou en soveel mense in hierdie area is huisloos. As die regering net beter gekyk het na hierdie mense, sou hierdie hele situasie vermy word. Ek hoor skielik geweerskote wat afgaan. Die verhuurder en die polisie skiet nou op mekaar. Hy skiet op hulle met 'n 44. Magnum en hulle skiet op hom met haalgewere. Die geraas is oordowend. Die ander uitgesette mense raak paniekerig en storm vinniger uit die gebou uit. Party van die mense word plat getrap. Selfs kinders, oumense en babas. Ek twyfel of die meeste van hulle nog lewe. Hierdie voel soos 'n toneel uit 'n gruwelfliek. Maar dit is nie. Hierdie is onmenslik. 

Ek is uiteindelik buite. Ek het op een of ander manier daarin geslaag om te oorleef. (Dankie tog!). 'n Hele skare mense staan buite saam met die polisie en beskou die chaos. Mense oorkant die strate kom ondersoek die geraas. "This country is going straight to hell!", gil een swartvrou met trane in haar gesig. 'n Hele paar van die mense huil. Van die polisie lyk ook diep ontsteld. Een polisievrou stap weg en breek uit in trane. Ek kan nie enige van hulle blameer nie. Die hele toneel is moeilik om te kyk. Ek sal dit nie op my grootste vyand toewens nie. (Nie eers my pa nie.). Ek hoor eweskielik 'n harde geluid. Iemand se lyf het op die kar geval. Die verhuurder. Hy het afgespring en selfmoord gepleeg. Lyk my hy wou liewers doodgaan as om in die tronk te sit. Almal skrik groot en van die mense hardloop weg. Ek is te verstom om enigiets te doen. Ek is eenvoudig verskrik. Waar moet ek nou gaan? Waar moet ek bly? Wat gaan verder van my word? Moet die lewe so onregverdig wees?Wat het ek gedoen om al hierdie te verdien? Hoekom? Ek bel vir Joseph.

Joseph: 

"WHOA! WAT?! HULLE HET WAT GEMAAK?!", gil ek oor die foon. Iemand is nou huisloos blykbaar. Die polisie het op Jan-Hendrik se hele gebou toegeslaan. Ek gaan eerlik wees. Ek kan nie sê ek is verbaas nie. Dit was onvermydelik. Niks wat ons nou daaraan kan doen nie. Ek weet nie wat Jan-Hendrik nou gaan maak nie. Maar ek kan hom nie hierdie keer red nie. Ek en Jason kyk 'n sleepwedloop wat aangaan by die Wembley-stadion. Seker die grootste wedrenstadion in die hele land. Mense van hier af en regoor die wêreld kom spog met hulle nuutste motors hiersô. Bugatti. Ferrari. Rolls-Royce. Aston Martin. Alles.'n Pakistani in 'n Ferrari word gekant teen 'n Aston Martin-bestuurder van Portugal. Persoonlik stem ek vir die Portugees in die Valkyrie. (En nie omdat dit dieselfde handelsmerk is as die een wat ek ander dag gesteel het nie.). Om eerlik te wees, ek is nie seker wie gaan wen nie. Hulle altwee is basies ewe vinnig. Al wat ek weet is ek kan glad nie wag om weer te dobbel nie. (Hopelik wen ek elke keer.). "Yasis. Dis fucked up. Jislaaikit. Fok...Fokken sorry, Jan.", sê ek. Ongelukkig is simpatie al wat ek hom tans kan gee. Ek bedoel wat anders kan ek nou doen? Ek en Jason kyk 'n resie tans en ek het hom al baie keer gehelp in die laaste ruk wat hy hier is alleen. Plus hy kan net by ons oorslaap. Of Anastasia. Simpel soos dit. (Maar verkieslik by ons want daai meisie is 'n mal bitch.). "Eish, ou Jan. Ek weet nie hoe om djou hierdie keer te help nie, my bra. Djy gaan iets moet uitfigure, bru. Ek wetie. Djy is altyd welkom om by ons te oorslaap. Of praat met daai Anastasia cherrie. Of djou oom wat in Midrand bly. Ekke weet nie. Maar maak 'n plan, hoor. Hierdie stad sal djou opvreet as djy nie teminste 'n huis het nie. En trust me, you don't wanna live on these streets or in a bloody shanty, bra. So make a plan. Maar ek sal later met djou praat. Hulle gaan nou start. Ons sal ietsie organise, alright? Awe. Cheers. En sorry, neh...". Ek druk die foon dood. (Hierdie man kan net nie 'n break vang nie.). "Is hy orraait? Wat gaan aan?", vra Jason met sy steeds geswelde linker oog. Ek skud my kop in frustrasie. "Nee, nie rêrig nie. Fokken cops het sy plek afgebreek. Hy sit alweer sonder 'n dak nou. Fuck sake. Hoekom moet ekke hom altyd uit die kak kry? Ugh.". Jason staan met skok in sy gesig. "Joh. Dis bad bru. Fuckit. Die arme man. Eish.". Die resie gaan nou-nou begin. "Maar hy kan mos by ons plek crash of hoe?". Ek lug my arms op. Ek bedoel. Dis die beste wat ons nou vir hom kan doen. Die referee kom nou uit en staan by die karre. "I mean, yeah. I guess. Ek bedoel. Watter keuse het hy nou? Dis of ons of sy nuwe weird hippie girlfriend. En ek sê nou vir djou. Daai crazy bitch sal nog 'n mes op hom pluk een van hierdie dae. I tell you. Ek trust haar fokol nie.". Jason lag. (Wel, teminste kan hulle dan spyker soos hase.). Die fluitjie blaas.

Die geraas is overdowend. Maar hierdie is seker een van die min gevalle waar dit die ervaring verbeter. Die suis in jou ore is verbasend genoeg aangenaam. Ek weet nie. Dit is seker net ek. Die Aston Martin Valkyrie is vinniger as die FXX Evoluzione. Die Portugees is besig om te wen. Soos ek verwag het. Daarsy. Amper by die wenstreep. Nog net 'n paar meter oor. Jerome het in sleepwedlope deelgeneem. Absolute kampioen. Hy was ook baie lief vir karre soos ek. (Ai. As hy net hier was...). Ons het 'n wenner. Raai wie dit is. Andre Rodriquez. Die Portugese kampioen. Sopas nog 'n trofee gewen. Die Portugese in die skare spring, jubel en juig soos 'n groep sokkerondersteuners. Die wenner skree vir sy vriende terug en spog met sy trofee. En met reg. Hulle hardloop almal na hom en tel hom op terwyl hulle sing. Ek kyk met bewondering terwyl ek 'n sigaret aansteek. Tyd vir my om die nuwe wenner ook geluk te wens.

Jan-Hendrik:

120 End Street. Doornfontein. Teminste ek dink dit is haar adres. As dit nie is nie, sal dit nogal 'n verleentheid wees. Hierdie woonstelgebou lyk alreeds baie beter as myne. Alhoewel enige ander woonstelgebou lyk seker beter as myne. Veral aangesien dit nie veel langer gaan bestaan nie. (Die bliksems.). Ek lui die klokkie vir 'n tweede keer. Ek hoop iemand is binne. Ek hoop ook hulle is al reg vir vanaand. Vanaand beter goed wees na die slegte dag wat ek gehad het. Ek kan nogsteeds nie glo wat gebeur het nie. Ek gaan waarskynlik ekstra hard sukkel met slaap vanaand. My grootste wens op die oomblik is dat die vreemde dame 'n verdwaalde soos ek sal aanneem. Anders moet ek met die ander twee bly. (Here asb, enige iemand behalwe daai twee.). Iemand maak die deur oop. Maar dit is nie Ashleigh nie. Dit is 'n Asiatiese meisie. Omtrent dieselfde ouderdom. Miskien is ek by die verkeerde plek? Of is hierdie 'n vriendin dalk? Ek sal seker binnekort uitvind. "Can I help you?", vra sy. Haar Engels is goed. Sy is seker hier gebore of sy bly net lank hiersô. "Uhhh, yes. I is looking for Ashleigh. Do you know her?". (Ek stel nie rêrig in asian chicks belang nie, maar ek sal HAAR in 'n hartklop naai.). Sy begin om my van kop tot toon te bestudeer. Sy trek haar gesig. Haar hele houding verander skielik. Asof sy sopas uitgevind het wie ek is en is diep teleurgesteld in die eindresultaat. "Ek verstaan Afrikaans. Jy is seker Jan-Hendrik. My naam is Ling. Ashleigh maak nou reg. Kom solank in.". Hierdie gaan 'n interesante aand wees.

 

Dit is nogal vervrissend om vir 'n slag in 'n huis in te stap wat nie soos dwelms of sweet ruik nie. Ek kry die gevoel ek is in die huis van ryk mense. Studente waarskynlik. Hierdie "Ling" en die Indiese meisie wat besig is om YouTube-grimeertutoriale op die groot skerm TV te kyk is Ashleigh se kamermaats. Ek maak maar my eie gevolgtrekkings aangesien Ling nie lyk asof sy oop is vir geselskap met my nie. Die meisie by die groot TV het my nog nie eers gegroet nie. Waar is die eintlike meisie wat ek wil sien? Ek bestudeer hierdie flat meer as wat ek het enige tipe toets op skool. Dit lyk seker asof ek iets wil steel. (Ek sou lieg as ek gese het dit was nooit 'n gedagte nie...). Ek fluit haardop. "Bliksem! Julle't 'n lekker plekkie hierso, ne? Hoeveel het dit gekos?", vra ek. "Hoorie, het julle vir my iets om te eet of drink? Ek's poes honger en dors hierso.". Meisie by die TV draai na my toe vir die eerste keer en gee my 'n vuil kyk. "Hoorie. Kom ek en jy verstaan mekaar nou baie mooi. Ek like jou NIKS. Ek verstaan nie hoekom Ashleigh haar tyd met jou sal mors nie. Sy's altyd met hierdie kak mans deurmekaar. Elkeen meer kommen as die vorige ene. En jy's geen uitsondering nie.", sê Ling. "En as jy dink om hier in te trek, vergeet dit. Ons het genoeg verdwaaldes ingevat. Sy is tans besig om vir jou regtemaak." 


CREATORS' THOUGHTS
mournfulgiant50 mournfulgiant50

The story has two different points of view and therefore has two narrators. I will indicate which character is narrating.

Load failed, please RETRY

New chapter is coming soon Write a review

Weekly Power Status

Rank -- Power Ranking
Stone -- Power stone

Batch unlock chapters

Table of Contents

Display Options

Background

Font

Size

Chapter comments

Write a review Reading Status: C9
Fail to post. Please try again
  • Writing Quality
  • Stability of Updates
  • Story Development
  • Character Design
  • World Background

The total score 0.0

Review posted successfully! Read more reviews
Vote with Power Stone
Rank NO.-- Power Ranking
Stone -- Power Stone
Report inappropriate content
error Tip

Report abuse

Paragraph comments

Login